“Ek bou vir jou ‘n plekkie vol mooi weer. Saam sal ons die sonsondergang waardeer. In my arms langs ons bossiesee, Smelt ons gedagtes mee.” Chris, die liedjieskrywer van BOESMANLAND MELKWEG, vertel hoe hy as boer op sy plaas in die Boesmanland, dikwels oor die verte uitkyk na die vlaktes wat soms lyk soos ń “bossiesee”. Net so uniek-mooi is die melkweg elke aand.
Hierdie besonderse hemelruim van die Boesmanland is iets wat hy voel elke mens moet beleef. Maar nie almal kan die Boesmanland besoek en toe pen hy dit neer in ń liefdesliedjie. Saam met die sanger en liedjieskrywer Almero, het hulle die pragtige lied lewe gegee
KORT BIOGRAFIE:
Chris is die Stigter van “BRING HOOP”, n NPO gestig om boere te help tydens tye van nood, maar dit het baie meer as dit geword. Tans help ‘Bring Hoop’ mense met gesondheid uitdagings, finansiele uitdagings, kinders in nood en enige iets wat onder hul aandag gebring word waar daar nood is. As sakeman, boer en ook liedjieskrywer, voel Chris dit is tyd dat hy sy stories deel deur musiek. Verskeie kunstenaars vat dus hande met hom om hierdie droom waar te maak en dit wat volg, gaan net so besonders wees soos Boesmanland Melkweg.
Chris ken self ook van grondpad loop. Uit sy moeilike kinderjare het hy ń skatkis van stories opgebou wat jy duidelik hoor wanneer hy skryf uit eie ervaring. Mense vind aanklank met die opregtheid en eerlikheid van sy lirieke gebore uit seer en jare se swaarkry as kind en luister dus graag! Sy storie is een van Hoop en ń bewys van harde werk.
Ons sien uit na nog baie stories uit die pen van hierdie liedjieskrywer.
Facebook: https://www.facebook.com/share/g/1ZsTzTbWX2/
Spotify: https://open.spotify.com/track/6DyuHAbSF6BACL3VkiJoi0?si=58c857bd6bbb4db6
Bron: Nuelight