Voor jy jou kan kry, reeds in die eerste paar sekondes, het die ligte klank van sy ritmiese saam sing en voet stamp jou al beet gekry. Dan hoor jy die glashelder stem van 17 jarige Zonnebloem en dadelik word jy weggevoer na ń sonneblomplaas iewers op die platteland. Zonnebloem; vertaal uit Duits beteken Geloof, Hoop en Liefde. Dit is presies hierdie nuweling se credo en daarom, toe sy haar alias kies, het die naam Zonnebloem deel gevoel van wie sy werklik is, waarvoor sy staan en wat sy met haar mede mens en toekomstige gehoor wil deel.
Met die hulp van Roelf Fritz, liedjie skrywer en orkes-lid van Zondagkraal, het hulle twee saam geskryf aan Weet Weet Jy, vervaardig deur Calvin Botha. Sy vertel “Met so ń span voel Ek geëerd, hierdie is dalk my eerste vrystelling maar ek het reeds so baie geleer danksy hierdie ondersteuningsraamwerk” Oor die lied vertel sy “Die plattelandse sonneblomme is nie net gewoon nie, dit symboliseer daai spesiale plek waar jy jou hart se rus kry, die daai persoon of mense wat hul vreugde, liefde en gebede oor jou kom straal. ń Plek na aan my hart. My Hoop is dat iemand hom sal hoor en net vir oomblik ń bietjie beter voel.”
“Weet Weet Jy” ń fantastiese toevoeging vir ons in Afrikaans!
KORT BIOGRAFIE:
Op net 17 jarige ouderdom is Zonnebloem iemand besonders. Met haar groot persoonlikheid en liefde vir die rond om haar en selfs die ook die onbekend, straal sy “omgee” na buite.
Zonnebloem; vertaal uit Duits beteken Geloof, Hoop en Liefde. Dit is ook presies wie sy is.
Sy blink nie net uit met haar musiek nie, maar ook in haar studies. Sy is tans besig met haar studies in Teologie om haarself te bevorder met die oog om later te fokus op berading sodat sy ń verskil met impak kan maak.
Haar droom is eenvoudig sê sy,, om musiek as voertuig te gebruik deur positiwiteit te saai, hoop te bring, moed en liefde terug te bring in die wat dit dalk verloor het.
Sy beloof om altyd God geïnspireerde musiek te maak, of dit gaan oor Liefde, die skoonheid van die natuur, God se goedheid of selfs die platteland en sy mooie sonneblomme. Zonnebloem maak musiek wat die Afrikaner nie voor hoef skaam te wees nie!
TIKTOK: https://www.tiktok.com/@zonnebloemmusiek?_t=ZM-8wPJ3gcdZt0&_r=1
Facebook: https://www.facebook.com/share/18rkSn21jE/?mibextid=wwXIfr
Bron: Nuelight